Netjiese aftree huis in die hartjie van die Bosveld.
Hierdie is ‘n netjiese, privaat losstaande eiendom in ‘n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoë bome. ‘n Ryk voël lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.
Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die leefarea is deel van die oopplan kombuis.
Pragtige moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blaaie, 'n twee plaat elektriese stoofblad met plek vir ‘n wasmasjien en 'n regop yskas/vrieskas kombinasie.
Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met 'genoeg ingeboude kaste. Die badkamer bestaan uit ‘n stort, toilet, ingeboude wasbak en is geteel. Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook ingeboude kaste.
Die leefarea is ruim en het genoeg plek vir 'n sitkamer - en 'n eetkamerstel.
Buite die sitkamer is 'n grasdak stoep met 'n ingeboude braai. Die stoep het ook seile wat toegemaak kan word.
Die tuin is klein en netjies.
Daar is 'n afdak vir jou voertuig.
Die woon eenheid is baie sentraal geleë, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.
Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!